LIG IN DIE DONKER

: Schoeman (K.)

R 250.00
Quantity
- +

182pp., hardback, d.w., Cape Town, 1969

Soos Beethoven se naam sinoniem geword het vir die musiek en Shakespeare se naam vir die letterkunde, so is Rembrandt van Rijn se naam sinoniem vir die skilderkuns. Geen skilder in die geskiedenis van die Westerse beskawing het die verbeelding van die publiek aangegryp soos Rembrandt nie. Geen skilder het nog daarin geslaag om by sowel kenners as leke soveel bewondering af te dwing soos Rembrandt nie. Geen skilder het met so 'n verskeidenheid van tegnieke en onderwerpe so 'n indrukwekkende beeld van die mens gegee soos Rembrandt nie.

Tog het Rembrandt in 1669 gesterf as 'n vergete man, bankrot en ontnugter. Want hy het nie populariteit en rykdom nagestreef nie: al wat vir hom van belang was, was sy kuns, en ter wille van die veredeling daarvan het hy alles opgeoffer.

Hierdie roman vir jong mense is spesiaal deur Karel Schoeman geskryf by geleentheid van die driehonderdste herdenking van Rembrandt se sterfjaar. Dit is 'n ontroerende boek wat die grootmeester laat lewe voor die leser. Uit die boek geneem.