UIT DIE KROES

: Julius (L.)

R 240.00
Quantity
- +

83pp., paperback, Cape Town, 2020

 

Winner of a 2021 SALA Award.

 Debut collection of poems by Lynthia Julius, winner of the 2018 AVBOB poetry competition, Afrikaans category. She lives in Kimberley.

"Rou en reg - só skryf Lynthia Julius oor haar komvandaan. Uit oergrafte het sy name gaan haal en agter hulle aangestap. In hierdie bundel pynpraat sy hulle reise asof sy dit self beleef het. In die mooiste, eerlikste Afrikaans gee sy gestalte aan stories te lank verberg. Wat 'n mylpaal in die Suid-Afrikaanse literêre toneel dat 'n stem so jonk, so onpretensieus, tot die literêre dans toetree!" Diana Ferrus, poet

"As postapartheid-nasaat van 'Ouma Xhau' kom vertolk hierdie Namakwalander en Kimberliet in 'n sprankelende Omgangsafrikaans die vlees en bloed van 'bruin' wees in Suid-Afrika. Sy loop haal dit in die Kaapse Kompanjiestyd met sy slawernyvergrype, en loop met raaktraptreë deur die eeue daarmee om dit in vandag se steeds rasbehepte dae te kom staanmaak, veral vroue, waaronder die digter self, word aan die woord gestel ... Jy gaan regop sit, jou mond gaan waarskynlik oophang, ander kere gaan jy jou kop wil vasgryp, plek-plek sal jou tagspiere rimpel, of jou traankliere stuiptrek. Onbewoë sal jy nië bly nie." Bernard Odendaal, poet